Skots

Skots
Scots
Gepraat in: Flag of Ireland Republiek Ierland
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 
Gebied: Vlag van Noord-Ierland Noord-Ierland
Vlag van Skotland Skotland
Totale sprekers: 100 000[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaanse
   Anglies
    Skots 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Geen ampstaalstatus nie, maar erkenning as tradisionele of minderheidstaal in Skotland en Noord-Ierland
Gereguleer deur: -
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: sco
ISO 639-3: sco 
Verspreiding van Skots tydens die 20ste eeu

Skots (Scots, soms ook Inglis, Lallans, Doric of braid Scots genoem) is die algemene naam wat na die Germaanse taal van Skotland verwys wat tradisioneel hoofsaaklik in dié land se laerliggende dele gebesig word. Dit word soms ook beskou as 'n Engelse dialek. Skots moet nie verwar word met Skots-Gaelies nie, 'n selfstandige Keltiese taal wat vroeër veral in die Skotse Hoogland gepraat is en nou verwant is aan Iers.

Met die sogenaamde Plantations, die grootskaalse vestiging van Skotse gesinne in Ulster vanaf die 17de eeu, is Skots ook na die noorde van Ierland oorgeplant. Dié streeksvariant staan bekend as Ulster-Skots (Ulster Scots of Ullans). Noord-Ierse sprekers verwys daarna ook as the Hamely Tongue.

Standbeeld van Robert Burns in die Australiese hoofstad Canberra
Geskatte verspreiding van Skots, Skots-Gaelies en Norn ('n Skandinawiese dialek op die Orkney-, Shetland- en Hebride-eilande) omstreeks 1400: ██ Skots-Gaelies ██ Skots ██ Norn
Die hoofdialekte van Skots
  1. (en) ethnologue.com: Scots.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search